JEAN STEYL RACING

DIRT OVAL TRACK

 

 

  

THE BEST TEAM

Jean Steyl - Driver

 

 Dirk - Pitmac

 

 Remia  -  Suspension

 

Gert Brink - Rotor Motor boffin

  

   

 Francois Kotze

 

Oom Piet - Vriend en Ondersteuner

Lorraine - Jean se ma

Isak - Jean se pa

Alberto (Skille) Jean se boetie

  

 

 

Verskeie vrae gevra en beantwoord

1.  HOE KEN JY VIR JEAN?

FRANCOIS KOTZE:  (ON SITE TRADING SPONSOR)  =  Van Jean gehoor by Philip Waring en toe ontmoet deur Lee.

REMIA = Raak gedrink by Bulldogs

OOM PIET= Het Jean ontmoet op Kraaifontein toe hy daar aankom met 'n rotary motor in 'n golf kar. Toe ek hom vra, "Boetie weet jy hoe om 'n rotor te ry?" toe se hy:  "Ek weetie Oom, maar ek gaan probeer!"  Nou ja, na die 1ste Heat saag ek af pits toe en gryp hom en my woorde was:  "Bliksem! nog nooit het ek 'n man so 'n roatry sien ry nie!"  Dis waar dit begin het!

LORRAINE = Ek is Jean se ma

SKILLE = Ek is Jean se jongste broer, Alberto

DIRK = Ek ken hom deur Lee, my niggie

Oom Gert = As gevolg van Rotary engines!  Bou ook Jean se engines en help in die pits.

2. HOE HET JY BETROKKE GERAAK BY STOCKCARS?

FRANCOIS = By Goodwood skou toe gegaan en toe die gehoor van Stockcars wat my van toe af baie interesseer.

REMIA = Brandewyn (Klipdrift)

OOM PIET = By Goodwood saam met Gert Brink en sy rotaries.  Hulle het geklink soos microlight vliegtuie!

LORRAINE = Jare terug het my oorlede broer gery.

SKILLE = Toe Jean begin ry het

DIRKIE = Ek is al jare 'n fan van stock cars en het toe my dienste as Pitmac vir Jean aangebied.

Oom Gert = Self gery vanaf 1970 met 8 silinders

3. WAT ONTHOU JY VAN STOCKCARS UIT DIE VERLEDE?

FRANCOIS = Goodwood se dae vir Chris Liebenberg met sy grys en pienk Audi en Mannetjies in sy Zebra kar wat die kak uit almal gery het.  Those were the days!

REMIA = Goodwood - SA vs UK

OOM PIET = Een jaar op Goodwood se S A's toe daar 11 Rotaries was uit 25 karre.

LORRAINE = Die dag toe Jean S A 1 geword het

SKILLE = Die kere wat Jean die manne goed in hul m.... gery het!

DIRK = Jean se SA 1 in PE 2007

Oom Gert = Goodwood se dae

4.  HOE SIEN JY DIE TOEKOMS VAN STOCKCARS?

FRANCOIS = Toe almal kon beskostig om te ry was dit 'n lekker sport.  Vandag is dit 'n yuppie sport en die ouens wat dit kan bekostig ry voor!.  Dis is baie jammer vir die baie goeie drywers daar buite.  Die pryse van onderhoud van voertuig en brandstof sal seker 'n probleem vir die sport word.

REMIA = Met vandag se ekononie - baie duister! 

OOM PIET = Reels en diskriminasie teen rotors gaan die sport doodmaak.

LORRAINE = Met die prys van brandstof lyk dit maar duister.

DIRK = Sport besig om uit te sterf.  Gebrek aan borgskappe en pryse sowel as finansiele posisies maak dit moeilik om karre te onderhou.

Oom Gert = Baie goed as daar minder politiek is en as daar plek gemaak word vir goedkope racing

5.  WAT SOU JY GRAAG WOU VERANDER IN STOCKCARS?

FRANCOIS = Bring BANGERS terug want dit lok mense!!  Clubs moet 'n klas begin waar so ongeveer 8 karre deur dieselfde persoon gebou word wat presies dieselfde in het.  Drywers moet dan op die baan in die karre klim en kyk wie die bester drywer is!  Bring van die ou stock cars terug waar daar aksie is, want dit is wat die mense trek!

REMIA = Minder verskillende klasse en sodoende meer karre in 'n klas.

 

.

 

OOM PIET = Bande ooopmaak in alle klasse

LORRAINE = Die politiek

SKILLE = Die kak pratery van die mense raak te veel.

DIRK = Dat drywers beter erkenning en pryse ontvang.  Wat van 'n bietjie TV publisiteit om die sport op te bou?

Oom Gert = Sal meer jong drywers wil sien wat teen oorsese spanne ry.

6.  BESTE EN SLEGSTE ERVARING IN STOCKCARS?

FRANCOIS = Beste was om deel te wees van 'n span wat die SA 1 Kampioen was en weer kon word.  Slegste is dat so baie moeite en geld gespandeer is om weer die titel te verdedig en as dit uitreen - geen ondersteuning van club te ontvang nie - spandeer maar weer geld of verloor jou titel! 

REMIA = MSA hof (slegste)  S A 1  (beste)

DIRK = Slegste was PE toe Jean probleme met kar gehad het met nationals en beste was KKK 2006 toe Jean die Hotrod klas gewen het.

 Oom Gert = Slegste is as kar breek op 'n kritieke stadium

 

7. JOU BESTE AANHALING?

FRANCOIS = We'll be back!

REMIA = Traction is king!

OOM PIET =  If you want to play with Rotary dogs, don't piss like a puppy!

LORRAINE = Hy's sy mamma s'n!

 SKILLE = Sjeeee hom pappa!!

DIRK = Stock car drivers do it sideways!!

Oom Gert = Rotaries is 2de beste - die beste moet nog gemaak word!!

8. WAT IS DAAR WAT ONS NIE VAN JOU WEET NIE?

FRANCOIS = Niks - nie 'n mens met baie geheime nie!

REMIA = Julle weet als!

OOM PIET = Ek raak oud!

LORRAINE = Daar is niks

SKILLE = Ek het nie geheime nie

DIRK = As julle dit nog nie weet nie dan moet julle dit ook nie weet nie!

Oom Gert = Mis nie vir 7de laan nie

9.  KOMMENTAAR OF WENSE VIR JEAN?

FRANCOIS = Ek en Tertia staan 100% agter jou Jean en al is ons nie by elke race nie, is ons daar in gees! Jy is goed in wat jy doen, moenie fokus verloor nie en moenie dat ander jou ontstel of probeer intimideer nie!

REMIA = Jean, moet nooit in Remia of jou span twyfel nie!  Ons sal bo uitkom!

OOM PIET = Jy is 2009 se Hotrod Kampioen en moet nooit die rotary los nie, want jy KAN hom ry!

 LORRAINE = Mag dit net goed gaan en al jou wense waar word.

SKILLE = Ons is nie bang kinders nie!  Wys hulle Jean!

DIRK = Sterkte en voorspoed met die nuwe kar!

Oom Gert = Hou Rotaries waar hulle hoort!   - VOOR !

 

Welcome

Somebody better call a doctor!!!

Thanks FC !!

Recent Photos

   

Newest Members